You are receiving this email because the email address [email address suppressed] was subscribed to our email list. Having trouble reading this email? View it on our website.

Edumusic

October 15, 2008

Edumusic Oktober Nuus

'n Brief van Anita en Carien

Aan alle Edumusic kliente.

Die laaste twee maande was baie bedrywig en het Anita en Carien onderskeidelik uitstallings gehad te Upington, Potchefstroom, Bloemfontein en Kroonstad. Met die terugtog van Upington het ons ook die voorreg gehad om met 'n paar Vryburg-kliente kontak te maak.(Hoop ons hoor weer van julle later vanjaar oor daardie beloofde uitstalling!) Ons wil dit net graag weer onder ons kliente se aandag bring dat dit altyd vir ons die moeite werd is om uitstallings te hou. Dit gee on sdie geleentheid om ons "ver-kliente" te ontmoet en ook 'n diens te lewer aan julle wat nie naby Musiekboekwinkels is nie. So, maak gerus gebruik van 'n musiekgeleentheid om ons te nooi vir 'n uitstalling! Ons sal alle uitnodigings oorweeg.

Nuus oor nuwe publikasies:
By die tyd weet almal sekerlik dat ons reeds die nuwe sillabus Klaviereksamen boeke van ROYAL Schools ontvang het. Wat ook in voorraad is, is die nuwe bladlees- en toonleerboeke vir klavier ,sowel as nuwe Vioolstukke en -toonleerboeke.ABRSM se nuwe Teorieboeke vir Gr 1-5 het ook gearriveer, sowel as die nuwe Kitaar Time Pieces en Toonlere- en Bladlees publikasies.
Trinity nuwe sillabus vir Klaviereksamen is ook reeds in voorraad.

Spesiale aanbiedinge:
Alle ou sillabus publikasies (tot-en-met 2008) van Royal Schools en Trinity sal uitverkoop word teen halfprys!! Hier is jou kans om ekstra Bladlees en Gehoorboeke aan te koop vir bykomende oefening vir belowende leerlinge, of sommer net om die kandidaat wat nie eksamen gaan speel nie, op standaard te bring. Let wel dat die Rock School- reeks wat normaalweg baie duur is, met C.D. ingesluit, as uitstekende onerrigsmateriaal aangewend kan word - teen halfprys!!

Algemene nuus:
Alle Johannesburgse kliente moet asb daarop let dat besigheidsure is vanaf 8:30 tot 4:30 nm. en nie 5:00 soos op die besigheidskaartjie nie.Dit is ongelukkig nie moontlik om vir teleurgestelde kliente te kom oopsluit en te help nie, aangesien Marthie en Carien albei 20 km. van die winkel af bly.

London College of Music Exams word weer na baie jare aangebied in S.A.! Edumusic is die enigste musiekwinkel wat voorraad daarvoor aanhou. Tydens Novembermaand sal ons 'n promosie aanbied waar alle LCM publikasies teen 'n 20% korting verkoop sal word met die oog op eksamenvoorbereiding vir 2009. Inskrywingsvorms en sillabusse sal dan beskikbaar wees in albei takke.

Ons is op die uitkyk vir 'n vroulike persoon wat op 'n deeltydse basis in die Pretoria tak vir Anita kan help.
Enigiemand wat belangstel kan Anita skakel by 0123462733.

Skole is welkom om ons te kontak i.v.m. musiekkonserte wat aangebied word.

Sterkte vir almal wat besig is met die eksamens. Ons hoop dat dit sommer baie goed sal gaan.

Vriendelike groete

Anita en Carien