You are receiving this email because the email address [email address suppressed] was subscribed to our email list. Having trouble reading this email? View it on our website.

Edumusic

January 29, 2009

Nuusbrief Januarie 2009

Goeiedag!
Baie welkom in ‘n wonderlike en besige 2009. Ons hoop julle sal almal ‘n baie geseënde en gelukkige jaar hê waarin ons in al jul musikale behoeftes sal voldoen.
In die Johannesburg tak gaan ons voort soos vantevore met Carien aan die stuur en Mappie wat kliënte bedien. Daar is ‘n paar veranderinge in die Pretoria tak. Ons verwelkom Adelheid Jeske wat oorneem in die winkel en Anneke Glas wie as verteenwoordiger vir Edumusic sal optree in die noorde van Pretoria. Karin sal nog steeds verantwoordelik wees vir die oorsese bestellings van altwee winkels.
Die “terug skool toe” boeke is besig om vinnig te verkoop en ons topverkopers soos Hannah Montana, High School Musical I, II en III en Mama Mia het ons ook nog in voorraad. Die nuwe ABRSM songbooks is ook nou beskikbaar. Die London College of Music boeke is by ons verkrygbaar en is besig om vinnig gewild te word. Kontak ons asb. as u meer besonderhede verlang.
Nuus i.v.m. Junior en Africa Collage boeke van Riekie van Aswegen en Dorette van der Meulen: Die Junior boeke se CD’s is in herdruk en is nog nie beskikbaar nie. U is welkom om u naam op ons waglys te sit en ons sal u laat weet sodra dit beskikbaar is. Africa Collage se CD’s is nou beskikbaar en vervang die kassette terwyl die boek onveranderd bly. Kontak ons as u CD’s wil bestel.
Ons doen graag uitstallings (soos onlangs op Ermelo) en die volgende groot uitstalling sal by St. John’s wees, 5 en 6 Februarie en later in Februarie by St.Anne’s in Natal. Kontak ons gerus as u ‘n uitstalling beplan of wil bywoon – ons dit met plesier.
Die Ear Training and Conducting Workshop vir 2009 word vanaf 4 tot 6 Februarie by St. John’s gehou. Die Noorweegse Gro Shetelig Kruse en Kare Hanken is genooi as gassprekers. Indien u meer inligting benodig t.o.v koste, akkomodasie, tye, padkaarte en aanwysings, kontak asb. vir Veronica Savage by savage@stjohnscollege.co.za of faks 011 6453061.
St. Peter’s College en Trinity House in Randburg is dringend opsoek na Klassieke Kitaar onderwysers. Kontak asb. Edumusic JHB of die twee skole vir meer inligting.
Die volgende konserte vind plaas:

  • PhatBrass Big Band @ The Radium Beer Hall, 12h30 on the 1st Sunday of every month
    1 Februarie: ‘n Gratis konsert in die Musaion, Pretoria deur Charl du Plessis vir sy M-Mus Graad.
  • Unisa Musiek Stigting: 1 Februarie, 16h00: John Coulter (Harpsichord) Early Music - Film Auditorium
  • 8 Februarie, 16h00: Zoe Beyers (Violin) en Florian Uhlig Piano) - Sunnyside
  • 13 Februarie, 13h00: yBird Ensemble, Chats Devroop (Saxophone) - Film Auditorium
  • 22 Februarie,16h00: Duo Zappa Mainolfi (Cello and Piano) – Sunnyside

  • John Davies- Jazz Musician Maestro is presenting a Jazz Workshop for all Wind Instruments musicians and aspiring Jazz musicians at the Wits Education Campus in Parktown on the 31st January 2009. Special Guest: Phat Brass Starting time: 13H00 – 17H00 Venue : 27 St Andrews Road, Parktown, Williams Block, Foyer Date: 31st January 2009 OPEN TO ALL!

    Graag wil ons aan almal dankie se vir julle ondersteuning – ons waardeer dit opreg!
    Groete
    Anita en Carien
    “Hoop is om more se musiek vandag reeds te hoor. Geloof is om vandag reeds op maat van daardie musiek te dans. - Carl Bath